Resepte

Tarte Tatin

  • 1 vel blaardeeg
  • 6 appels, geskil en in skywe van sowat 2 cm gesny
  • 250 ml suiker
  • 250 ml water
  • 2 vanieljepeule

Gebruik ’n pan van sowat 26 cm in deursnee wat jy in die oond kan plaas. Gooi die suiker en water in die pan. Roer oor ’n stadige hitte sodat die suiker smelt. Laat die stroop stadig kook tot dit gekaramelliseer is. Roer so elke nou en dan. Voeg die gesnyde appels en vanieljepeule by. Moenie skrik as die stroop effens hard word nie. Roer die appels versigtig deur tot hulle gekaramelliseer is. Verwyder die pan van die hitte en laat effens afkoel. Plaas die blaardeeg bo-op die appels en maak seker dis goed bedek. Plaas in ’n warm oond teen 180 °C vir sowat 30 minute tot die deeg gaar is. Laat staan vir 10 minute en plaas ’n bord bo-op die pan. Keer die bord versigtig om om die tert uit te keer.


Wenk

Wees baie versigtig wanneer jy die stroop kook – dit word baie warm.


Sit voor saam met

Geklopte room en versier met roosblare.