WEN met jou resep

Resepte

Thai-groenkerrie met hoender

(1 – 2 porsies)

  • 30ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 4 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 1 sakkie (80 g) Thaigroenkerriepasta
  • 1 blik (400ml) klappermelk
  • 250ml basmati-rys
  • 120g mange tout-ertjies
  • 1 hand vol vars koljander, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in ‘n pot en braai ui en knoffel tot goudbruin – so 5 minute. Voeg hoender by en braai vir nog 5 minute. Voeg kerriepasta by en braai vir 3 minute. Gooi klappermelk by en verlaag die temperatuur. Laat stadig kook totdat die hoender gaar is – so 15 minute. Terwyl die hoender kook, maak die rys gaar volgens aanwysings op die pak. Sodra die hoender gaar is,
skakel die plaat af, gooi die mange tout-ertjies by en roer deur. Die warm sous sal die ertjies gaarmaak. Roer die koljander deur en geur goed met sout en swartpeper net voordat jy dit met die rys voorsit.

  • niTJtn eaqznmleksdl, [url=http://cuhnwjooqftj.com/]cuhnwjooqftj[/url], [link=http://kowoimfirqjj.com/]kowoimfirqjj[/link], http://juyqhvrwxdou.com/