sk1106wors_3_
Resepte

Thüringerwors met gebraaide soetrissies

(6 PORSIES)

  • 30 ml olyfolie
  • 2 groen soetrissies, pitte verwyder en in dik repe gesny
  • 2 rooi soetrissies, pitte verwyder en in dik repe gesny
  • 2 geel soetrissies, pitte verwyder en in dik repe gesny
  • 3 uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g groen olywe, gedreineer en ontpit (opsioneel)
  • 250 ml witwyn
  • 12 Thüringerworse

Verhit olyfolie in ’n groot pan. Voeg al die soetrissies by en braai vir 10 minute. Voeg uie en knoffel by.
Geur met sout en peper. Voeg olywe en wyn by en braai vir 1 uur oor lae hitte. Roer so elke nou en dan.
Skuif die groente aan die een kant van die pan en braai die worse vir sowat 10 minute tot gaar in dieselfde pan. Sit voor saam met jou gunsteling-brood.

Om te drink:
‘n Wyn met ‘n speserykarakter, soos Hartenberg se Shiraz, Altydgedacht se Gewürztraminer of selfs
Klein Constantia se (Weisser) Riesling.