sr1012optel_4_
Resepte

Tiramisu-tert + stap-vir-stap video hoe om dit te maak

(6 porsies)

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 185 ml botter
  • 45 ml suiker
  • 45 ml water

Vulsel

  • 1 x 10 g-pakkie gelatien
  • 30 ml water
  • 500 g mascarpone
  • 45 ml bruinsuiker
  • 50 ml sterk koffie (espresso)
  • 200 g witsjokolade, gesmelt
  • 250 ml room, geklop tot sagte

punte vorm

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 250 ml water
  • 200 g aarbeie

Verhit oond tot 160 °C. Sit meel, botter en suiker in ‘n voedselverwerker en verwerk tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Gooi water by en meng tot deeg bymekaarkom. Draai toe in kleefplastiek en sit in yskas vir 20 minute. Rol koue deeg tot 3 mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en voer ‘n losboomkoekpan van 35 cm daarmee uit. Laat rus in yskas vir 20 minute. Prik die koue deeg met ‘n vurk en bak blind (sien wenk) vir 10 minute of tot die deeg begin verkleur. Verwyder bakpapier en bak tot goudbruin, sowat 10 minute. Haal uit oond en laat afkoel. Week nou gelatien in 30 ml water tot sag.

Klits mascarpone, bruinsuiker en koffie tot gladde mengsel in ‘n mediumgroot mengbak met ‘n elektriese klitser. Smelt gelatien oor kokende water tot glad en deurskynend en voeg by room-mengsel. Voeg gesmelte sjokolade by en meng goed. Vou geklopte room in en gooi in gebakte kors. Laat stol in yskas. Bring suiker en water tot kookpunt in ‘n mediumgroot pot. Laat kook vir sowat 5 minute. Gooi warm stroop oor aarbeie en laat afkoel. Haal gestolde koek uit pan en sit op opdienbord. Skep koue aarbeie bo-op en sit voor.

SÓ MAAK JY STAP VIR STAP:

Wenk: Blind bak beteken jy voer die kors met bakpapier uit en gooi dan rou rys of bone bo-op. Dit voorkom dat die kors rys terwyl jy dit bak. Jy kan die rys bêre en weer gebruik om mee te bak.

  • rcnregosp

    KZkZTL qasbqyagodeo, [url=http://lgyqahkwlgvy.com/]lgyqahkwlgvy[/url], [link=http://zyqhkctlagxc.com/]zyqhkctlagxc[/link], http://oddvjmqlrtjp.com/