sr1104kos_11_
Resepte

Toffie-appels

(14 appels)

  • 14 rooi appels,
  • 14 sosatiestokkies
  • 500 g suiker
  • 100 g glukose-poeier (kyk by apteek)
  • 125 ml water
  • 30 g botter
  • 10 ml rooi voedselkleursel

Steek ‘n sosatiestokkie in elke appel. Plaas suiker, glukose en water saam in ‘n middelslag-pot. Roer oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Bring tot kookpunt en laat vinnig kook tot die stroop 150 ˚C meet, sowat 8 – 10 minute (sien wenk onder). Voeg botter en voedselkleursel by en meng met ‘n houtlepel tot ingemeng. Doop elke appel versigtig in warm stroop deur die stok as handvatsel te gebruik. Plaas op bakpapier wat met kleefwerende sproei gespuit is. Laat afkoel tot hard.

wenk
As jy nie ‘n suikertermometer het nie, kan jy só toets: Ná 8 minute se kook, laat ‘n klein druppel stroop in yswater val. As dit ‘n harde bal vorm wat soos glas lyk, is dit reg.

  • Nicole

    Hi!
    Ek het die toffie-appels vir my gemeente gemaak vir Paasfees, gedink dit is ‘n lekker verandering van die eiers en hasies en die baie sjokolade. Maar dit het beteken ek moes ‘n klomp maak (93 op die ou end). Ek wil sommer net n paar tips deel wat ek geleer het. Die kenners is welkom om my reg te help asb.

    1. Die groentewinkel-man het voorgestel ek gebruik Granny Smith appels omdat die ander melerig raak sodra dit in die warm stroop gedoop word.
    2. 500g suiker = 2 1/2 k suiker. (ek het nie ‘n skaal gehad nie) :)
    3. Die wenk hier bo onder aan die resep werk 100%
    4. Sodra die botter en kleursel ingegooi word haal pot van plaat af. Ek het ‘n pot lekker aangebrand omdat ek dit opgelos het. Sodra ek die botter en kleursel ingegooi het, het ek die pot van die plaat af gehaal en baie vinnig gewerk.
    5. Meng botter en kleursel vinnig en doop eerste appel so gou moontlik. Hoe vinniger jy werk hoe meer appels kan jy in die stroop gedoop kry voor dit te hard en taai word om verder meer te werk. Myne het gewissel van 8-15 appels op n slag.
    6. Dit word lekker vinnig hard en die biejtie wat loop sorg net vir meer toffie om aan te knaag.
    7. Die warm stroop kan nogal seer brand. Pasop maar as daar kinders is wat wou help.
    7. As jy jou pot (per ongeluk) aangebrand het, kook asyn en koeksoda in die pot op die stoof totdat al die suiker lekker los is. Roer sommer met die houtlepel dan is dit ook sommer skoon. Was dan gewoon.

    Baie dankie vir die resep! Het dit geniet om dit te maak!