Resepte

Tortiglioni-pasta met koue bloukaas-ricotta-en-kruiesous

Tortiglioni-pasta

  • 500 g tortiglioni-pasta (of enige pasta van jou keuse)
  • 60 g (60 ml) botter
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer. Smelt die botter saam met die knoffel in ’n groot kastrol. Voeg die pasta by en roer goed sodat dit met die knoffelbotter bedek word.

Koue bloukaas-ricotta-en-kruiesous

  • 350 g ricotta-kaas
  • 100 g bloukaas, gekrummel
  • 200 g pecorino-kaas, fyngerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml olyfolie
  • 60 ml pietersielie, gekap
  • 10 sprietuie, fyngekap
  • hand vol vars basiliekruidblare, fyngekap
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng al die bestanddele goed saam. Geur met varsgemaalde swartpeper. Moenie sout byvoeg nie, want die bloukaas en pecorino-kaas is sout genoeg. Maak die bak toe met kleefplastiek en hou in die yskas tot jy dit benodig.