Resepte

Tradisionele rooi fluweelkoek

(1 groot koek – 4 lae)

  • 700 g (1 250 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 60 ml kakaopoeier
  • 2 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
  • 260 ml kanola-olie
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 630 g (750 ml) strooisuiker
  • 4 eiers
  • 700 ml karringmelk
  • 10 ml asyn
  • 10 ml koeksoda

Basiese Roomkaas-versiersel

  • 2 x 500 g sagte botter
  • 2 000 g (2 kg) versiersuiker, gesif
  • 2 x 250 g-houers roomkaas
  • 125 g vars kersies

Verhit oond tot 180 °C.

Voer twee 30 cm-losboom-koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Sif meel, bakpoeier, sout en kakao saam. Klits kleursel, olie, vanieljegeursel en strooisuiker saam. Voeg eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg karringmelk by en meng goed.

Voeg droë bestanddele by en meng tot gladde mengsel. Roer laastens asyn en koeksoda by.Verdeel mengsel tussen panne. Bak in warm oond vir 30 – 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

Laat effens afkoel, keer op draadrakkies uit en laat heeltemal afkoel.

Roomkaas-versiersel

Klits botter in elektriese menger tot lig en romerig, sowat 5 – 8 minute.Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed.

* sien stap vir stap hieronder vir aanwysings om jou koek te versier

Stap Vir Stap

  • Rhona

    Middag. Hoeveel koekkrummels is nodig om stap 3 te kan doen? Ek sien niks by die lys van bestanddele nie

  • Selena Mitchell

    Dis sekerlik een van die moeilikste koeke wat ek tot dusver probeer het!! Ek sou verseker vir mense se om die poeier kleursel te gebruik. My poging met gewone kleursel was ‘n mislukking. En ek kon glad nie die koek optel en in die krummels rol nie. Die onderste gedeelte het uitmekaar geval. En laastens, die hoeveelheid versiersel wat hopeloos te veel. Ek het skaars die helfte gebruik en dit was meer as genoeg.

  • Celeste

    ‘n Wonderlike koek! My dogter van 13 moes dit bak vir haar hotelskool en haar poging vir ‘n liefdevolle tannie van 105 jaar offer. Ons het die kolwyntjie opsie gekies, en pragtig versier. Die baktyd is bietjie lank en die versiering heeltemal te veel. Nie te min baie dankie, die resep is beproef en baie mense wil dit nou graag beproef.

  • Batchuluun

    Ik weet precies hoe die poennnkaeken van jou hier vanavond worden verwerkt . Alles wat ook maar enigszins geznod lijkt wordt er resoluut afgeschoven . Misschien moet ik het pureren en in het deeg verwerken!? (-;

  • Marie

    Lief jou