skm1005pot6
Resepte

Trekpad-pot

(4 – 6 porsies)

  • ‘n pakkie skaapskenkels vir lym
  • ‘n pakkie lamsrib vir smaak (en ‘n gesonde vetlagie in die pot)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 middelslag-aartappels, met skil en al
  • 4 wortels, in groot stukke gesny
  • 6 klein uie, heel
  • 4 vingers murgpampoen
  • 4 patty pan-skorsies, heel
  • 4 geelmielies – sny die pitte van die stronk af of maak ‘n blikkie oop as sy nie kyk nie
  • 1 hand vol vars rosa-tamaties en gekapte pietersielie as garnering
  • ‘n bak rys, apart gekook

Braai die vleis tot bruin-bruin met warm vlamme onder die pot. Geur met sout en swartpeper en krap die vlammende hout en warmste kole onder die pot uit. Voeg volgens nugter oordeel ‘n koppie of wat water by. Kook stadig – met 2 kole – vir sowat 2 uur. Pak die aartappels, wortels en uie in lae by en kook met 2 kole vir nog sowat ‘n uur. Plaas murgpampoen en patty pan-skorsies bo-op en voeg die mielies by. Laat staan vir ‘n halfuur. Garneer met vars tamaties en pietersielie en sit voor op rys.

  • Gerhard

    Dit is ama….zing