Resepte

Trippa alla Florentina soos Emile dit kook

  • 1 kg beespens (skoon)
  • 1 heel wortel
  • 1 heel ui
  • 1 heel stok seldery
  • 8 eetlepels olyfolie
  • 40 g botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 stok seldery, fyngekap
  • 2 wortels, fyngekap
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • 5 ml vars roosmaryn, fyngekap
  • 150 ml wit wyn
  • 225 g geblikte Italiaanse tamaties,
  • met sap
  • 8 – 10 draaie varsgemaalde swartpeper
  • sout na smaak
  • 250 ml beesvleisaftreksel
  • gerasperde Parmesaan-kaas

Was die beespens deeglik met koue water. Bring sowat 3 liter koue water tot kookpunt saam met die heel wortel, ui en seldery. Voeg die beespens by en kook oor matige hitte vir 15 minute. Dreineer en bedek met koue water. Laat week tot heeltemal koud en sny dan in repies. Voorverhit die oond tot 170 ˚C. Verhit die olyfolie en helfte van die botter in ’n swaarboomkastrol. Voeg die gekapte ui, seldery en wortels by en braai vir sowat 5 minute tot sag. Voeg die pietersielie, knoffel en roosmaryn by. Roer goed. Voeg die gesnyde beespens by en kook vir 5 minute. Voeg wit wyn by, verhoog die hitte en kook vir 30 sekondes. Voeg die tamaties (met sap), peper, sout en beesaftreksel by. Bring tot kookpunt. Maak toe en sit in voorverhitte oond van 170° C vir 4 tot 4½ uur. Hou dop van tyd tot tyd – as die vloeistof min raak, voeg so 2 tot 3 eetlepels water by. Sit voor met stampmielies (samp).