Resepte

Tuisgebakte witbrood

  • 1 pakkie (10 g) kitssuurdeeg
  • 15 ml heuning
  • 315 ml warm water
  • 250 g witbroodmeel
  • 250 g koekmeel
  • 5 ml sout

Meng die witbroodmeel en koekmeel saam met die sout in ’n groot mengbak. Gooi die suurdeeg by. Meng die heuning met die warm water. Maak ’n holte in die meel en gooi die heuningwater in. Meng alles saam met jou hande en begin die deeg knie. Knie die deeg verder op ’n meelbestrooide oppervlak vir minstens 10 minute. Sit die deeg in ’n skoon bak en bedek met kleefplastiek. Laat die deeg op ’n warm plek rys tot dubbel die grootte. Knie dit af en sit in ’n gesmeerde broodpan. Laat weer tot dubbel die grootte rys. Bak die brood vir ongeveer 30 minute in ’n oond van 200 °C. Een manier om te toets of die brood gaar is, is om daarop te klop – dit moet ’n hol geluid maak. Smeer ’n klein bietjie botter boop die brood vir ’n mooi glans. Sit voor saam met konfyt.