Resepte

Tuisgemaakte vla en pruime

(6 porsies)

  • 600 ml melk
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 8 eiergele
  • 45 ml koekmeel
  • 160 g (200 ml) suiker
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 750 ml water
  • 8 pruime

Bring melk en vanielje tot kookpunt. Klits eiergele,meel en 160 g suiker saam tot lig en romerig.Voeg warm melk by terwyl jy klits. Gooi terug in skoon pot en plaas oor lae hitte. Klits stadig vir sowat 5 – 8 minute tot mengsel dik en glad is. Moenie die mengsel laat kook nie, anders gaan dit skei. Verwyder van hitte en plaas in skoon bak. Bring res van suiker en water tot kookpunt in ’n middelslagpot. Voeg pruime by en laat stadig posjeer vir sowat 10 – 15 minute of tot pruime sag is en skille begin bars. Skep met
gaatjieslepel uit stroop. Sit sagte pruime voor met warm vla.

Wenk:
Jy kan ook geroosterde amandels of enige ander neute daarmee voorsit.