sk1003pasta03
Resepte

Tuna-en-olywesous

(4 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 400 g klein rosatamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer
  • 100 g ontpitte swart olywe, gehalveer
  • 50 ml kappertjiesaad
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek
  • 500 g fusilli-pasta (skroefie-pasta)

Verhit olyfolie in ‘n pan. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en braai tot gebars. Geur met sout en swartpeper. Voeg tuna, olywe en kappertjiesaad by. Braai vir so 5 – 10 minute. Geur met sout en swartpeper. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Voeg basiliekruid by net voordat jy sous deur pasta roer. Sit dadelik voor met gerasperde
pecorino-kaas.