sr0911vis01_rz
Resepte

Tuna-falafel en-groenboon-slaai

sowat 16 falafel-balle van sowat 3 cm – 4 porsies 

  • blik (400 g) kekerertjies (chick peas), gedreineer
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 groen brandrissie, fyngekap
  • 15 ml vars koljander, gekap
  • skil en sap van 1 suurlemoen
  • 1 eier 
  • 15 ml koekmeel
  • 1 blik (170 g) tuna (heel stukke), gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 
  • ekstra meel, om falafels in te rol
  • 80 ml olyfolie
  • 1 pak (70 g) slaaiblare van jou keuse (verkieslik babablare)
  • 200 g dun groenbone, gedompel in kookwater slaaisous
  • 100 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap 
  • 1 klein salot, fyngekap

Meng al die slaaisous-bestanddele goed saam. Trek skilletjies van kekerertjies af. Voeg knoffel, brandrissie, koljander, suurlemoensap en skil by. Druk met ’n vurk tot ’n growwe patee. Voeg eier en meel by en meng goed. Meng die tuna deur en geur met sout en swartpeper. Vorm balletjies van sowat 3 cm en rol hulle in meel. Verhit olyfolie en braai falafels tot goudbruin. Kombineer slaaiblare, groenbone en tuna-falafels. Skep slaaisous oor en sit voor.