sarie229
Resepte

Tuna-konkoksie

(genoeg vir so 6 mans)

  • 3 blikke verflenterde tuna in soutwater
  • ½ ui, fyngekap
  • 4 soetsuur argurkies
  • 6 kappertjiesade, fyngekap
  • 10 – 11 eetlepels tangy mayonnaise
  • varsgemaalde swartpeper
  • 1 rooikool se buiteblare

Meng al die bestanddele buiten die kool goed saam. Voer ‘n bord of bakkie uit met die koolblare en skep die konkoksie bo-op. Vir die mooi kan jy ‘n soetdoringblaar bo-op sit.

Om te drink:
Graça-witwyn