Resepte

Tuna met papawersaad

(2 porsies)

  • sowat 200 g tuna-steak
  • 1 eierwit
  • 15 ml suurlemoensap
  • sowat 100 ml papawersaad
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • olyfolie
  • vinkel vir garnering

Sny die tuna in twee lang stukke. Klits die eierwit effens en voeg die suurlemoensap by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Rol die tuna in die eierwit en dan in die papawersaad. Die tuna moet heeltemal met die saad bedek wees. Verhit die olie in ’n pan en braai die tuna weerskante vir sowat 1 minuut aan elke kant. Garneer met vars vinkel.

Barbara sê
Ek hou van tuna nog baie pienk, maar jy kan dit na jou eie smaak langer braai.