Resepte

Uie-marmelade-tert

(6 porsies)

  • 1 x 400 g vel blaardeeg
  • 1 eier, geklits
  • 1 x 300 g-bottel uie-marmelade
  • 80 g crottin-bokmelkkaas
  • hand vol vars roketblare

Sny die blaardeeg in ’n sirkel. Ek gebruik ’n bord om ’n netjiese sirkel te sny. Verf die deeg met die geklitste eier. Sny lang repe (sowat 2 cm breed) uit die orige deeg en maak ’n rand. Dan lyk dit soos ’n mandjie. Skep die uie-marmelade in die deeg en versprei egalig. Sny die kaas in skywe en plaas bo-op. Bak die tert teen 200 °C in die oond vir 30 – 40 minute. Maak seker die deeg is gaar aan die onderkant. Laat afkoel en sit voor met vars roket.