Resepte

Uie & Tamatie-tartine

(6 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 600 g geel en rooi kersietamaties
  • 6 takkies tiemie, fyngekap
  • 60 ml wit balsemasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 400 g-rol blaardeeg
  • 100 g bokmelkkaas

Verhit oond tot 180 °C.

Verhit olie en botter in 30 cm-braaipan wat in oond kan gaan. Braai knoffel en uie in pan vir 5 minute of tot bruin. Voeg tamaties, tiemie en balsemasyn by. Braai vir 3 minute.Geur goed met sout en swartpeper.

Haal van plaat af en plaas deeg bo-op mengsel. Sny deeg wat oorhang af. Bak in oond vir 30 – 35 minute of tot goudbruin.

Laat afkoel vir 3 minute en keer uit op bakplaat.

Pak bokmelkkaas-snye bo-op en plaas onder oondrooster tot goudbruin.

Sit voor.