FOTO Lee Malan

FOTO Lee Malan

Resepte

Uieringe in bierkors

G’n fliek-ete is volledig sonder uieringe nie. Jy kan selfs rooi-uie gebruik vir afwisseling. Of doop stukkies vis of calamari in die beslag en braai dit dan bros.
6 porsies

• 140 g (250 ml) mielieblom
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 2 eierwitte
• 1 x 375 ml-bottelbier
• 2 uie, in ringe gesny en binneringe losgemaak van mekaar
• sonneblomolie vir diepbraai
• sout en varsgemaalde swartpeper

Sif mielieblom, koekmeel en bakpoeier saam. Voeg eierwitte by en meng liggies met ’n draadklitser.Voeg genoeg bier by om ’n dikkerige beslag te maak – die res kan jy maar drink! Verhit sonneblomolie in groot kastrol tot warm. Doop ’n paar uieringe op ’n slag in die deeg en diepbraai tot goudbruin en bros. Herhaal tot al die uie op is. Dreineer op kombuispapier en geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor saam met worsbroodjies.