sr1210koshoof_4_
Resepte

Uieringe in bierkors

6 porsies

  • 140 g (250 ml) mielieblom
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 eierwitte
  • 1 x 375 ml-bottelbier
  • 2 uie, in ringe gesny en binneringe losgemaak van mekaar
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Sif mielieblom, koekmeel en bakpoeier saam. Voeg eierwitte by en meng liggies met ’n draadklitser.Voeg genoeg bier by om ’n dikkerige beslag te maak – die res kan jy maar drink! Verhit sonneblomolie in groot kastrol tot warm. Doop ’n paar uieringe op ’n slag in die deeg en diepbraai tot goudbruin en bros. Herhaal tot al die uie op is. Dreineer op kombuispapier en geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor saam met worsbroodjies.

  • Martie Labuschagne

    Ek het ‘n paar weke gelede die "platkoek" wat Nataniël gemaak by ‘n vriend gekyk en het dit getoets en wel met suiker vir ‘n diabeet aangesien ek ‘n vriend het wat ‘n diabeet is en dit was die wonderlikste en maklikste koek. Ek maak dit gereëld. Die ander resepte is uit die boonste rakke en wil net dankie sê daarvoor.

    Ek geniet ook sy kommentaar en spitsvondigheid.