Resepte

Uithaal-en-wys-forelgereg

(4 – 6 porsies)

  • 230g dun preie (roasting leeks)
  • 2 groot wortels, in stokkies gesny
  • 30ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 sprietuie, fyngekap
  • 30ml kappertjiesaad
  • 1 forel van sowat 1kg (skoon, met kop en stert)
  • 1 lourierblaar
  • 30ml botter, in blokkies gesny
  • 1 suurlemoen, in skywe gesny
  • 250ml groente-aftreksel
  • 125ml room

Verhit oond tot 200°C. Maak seker jou oondrak is in die middel van die oond. Plaas die preie en wortels in ‘n groot oondroosterbak (groot genoeg vir die hele vis). Gooi die helfte van die olyfolie oor groente. Geur met sout en swartpeper. Plaas die bak oop in oond en rooster vir 20 minute. Intussen meng jy die sprietuie en kappertjiesaad. Vul die maaggedeelte van die vis
met die mengsel. Plaas die lourierblaar, botter en suurlemoenskywe ook binnein. Haal die bak uit die oond en verlaag die temperatuur na 160°C. Gee die groente ‘n lekker roer en plaas vis bo-op groente en geur met sout en peper. Gooi die aftreksel rondom die vis in die bak. Maak bak toe met foelie. Plaas terug in oond vir ‘n uur en ‘n kwart. Haal uit, skep die vis versigtig uit en hou eenkant warm. Plaas die oondbak met al die groente bo-op die stoof en voeg die room by. Verhit en laat kook vir sowat 3 minute. Gooi die sous op ‘n opdienbord en plaas die vis bo-op. Sit dadelik voor.