Resepte

Vanielje-vrugteslaai

(genoeg vir 8)

  • 500 g vars aarbeie, gehalveer
  • 125 g bloubessies
  • 8 grenadellas, gehalveer

Sous

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 250 ml water
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 1 vanieljepeul
  • basiliekruid- of kruisementblare

Plaas al die vrugte in ’n groot slaaibak.

Sous

Bring al die bestanddele vir die sous tot kookpunt oor matige hitte. Laat effens afkoel tot louwarm en gooi oor vrugte. Plaas in yskas tot yskoud. Sit voor met basiliekruidof kruisementblare.