IKMSEP.04_PIC1
Resepte

Vark-en-okkerneut-terrien

Die maklikste terrien wat jy kan maak en heerlik as voorgereg by enige maaltyd!

genoeg vir 8-10

• 1 x 250 g-pakkie strepiespek
• 800 g varkmaalvleis
• 60 ml brandewyn
• 1 ui, fyngekap
• 15 ml botter
• 200 ml rooiwyn
• 250 g Kasselse varktjops, fyngesny
• 250 g hoenderlewers
• 1 takkie roosmaryn, fyngekap
• 6 salieblare, fyngekap
• 5 ml neutmuskaat
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 100 g okkerneute
• 100 g droëappel, fyngekap

Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 35 x 10 cm-broodpan eers met kleefplastiek en dan in die breedte met repies spekvleis uit. Hou oorblywende repies eenkant. Plaas die res van die bestanddele, behalwe die neute en appels, in ’n voedselverwerker. Pols dit teen ’n hoë spoed tot ’n gladde mengsel. Meng die neute en appelstukkies by. Skep die mengsel in die uitgevoerde broodpan. As daar spek oor is, pak dit bo-op. Bedek die pan met foelie en plaas dit in ’n oondbak wat met warm water gevul is. Plaas in die warm oond en bak 90 minute. Haal die terrien uit en laat dit in die waterbad afkoel. Plaas oornag in die yskas. Sit voor met basiliepesto en agurkies.

IKMSEP.04_PIC1

Herman vertel op Inspirasiekos met SARIE dat vark steeds een van die mees bekostigbare snitte vleis op die mark is nie. En maak jy dit reg gaar, is dit propvol geur en smaak.

Lees meer HIER.