Resepte

Varklies-ribbetjie

(6 – 8 porsies)

  • 1 heel varklies-ribbetjie
  • 5 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 50 ml vinkelsaad
  • sout en vars gemaalde swart peper
  • sap van 2 suurlemoene

Geur die vleis met knoffel, vinkelsaad, sout, vars gemaalde swartpeper en die suurlemoensap. Wanneer jou kole reg is, plaas die vleis op die rooster. Dit sal sowat ’n halfuur neem. Draai dit elke nou en dan om.


Wenk
As jy so ’n groot stuk vleis op die kole wil braai, kook dit eers vir sowat 2 uur. Plaas die vleis in ’n groot kastrol met ’n styfpassende deksel. Vul met water tot die vleis bedek is. Voeg 1 ui, 2 lourierblare en 2 wortels by. Bring tot kookpunt en laat stadig kook. Haal ná 2 ure uit en dreineer op ’n afkoelrak.


Sit voor saam met

Soet patats en rooi-uie. Koop gemarineerde soetrissies en groen olywe. Maak ‘n snytjie in elke patat en plaas ‘n takkie vars roosmaryn daarin. Draai die soet patats toe met tinfoelie. Draai die rooi-uie ook toe in tinfoelie en terwyl die varkvleis braai, plaas jy die patats en rooi-uie tussen die warm kole vir sowat 20 minute tot sag en gaar.


Om te drink

Yskoue Castle Lager