Resepte

Varkworsie-en-tamatie-sous

(4 porsies)

  • 50 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 8 varkworsies
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 ml rooiwyn
  • hand vol vars origanum-blare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 125 ml room
  • 250 g conchiglionipasta (groot skulp-pasta)

Verhit olyfolie in ‘n pan. Braai ui tot sag en deurskynend. Druk vleis van worsies uit velletjies. Voeg vleis by en braai tot bruin. Voeg tamaties en knoffel by en kook vir 5 minute. Voeg rooiwyn en origanum by. Geur met sout en swartpeper, maar wees versigtig met die sout – die varkworsies bevat reeds heelwat. Maak kastrol toe met ‘n deksel en prut vir sowat 45 minute. Voeg room by en laat oop prut vir nog sowat 20 minute. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng sous deur pasta en sit voor met gerasperde pecorino- of parmesaan-kaas.