sr0907kos_3_
Resepte

Vars tuna en salm met warm asynsous

  • 400 g vars tuna-steak  
  • 400 g vars salm-steak
  • 1 salot, baie fyngekap
  • 70 ml witwynasyn
  • 30 ml water
  • 30 ml suiker
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny die tuna en salm in baie dun skywe. Maak seker jy gebruik ’n baie skerp mes. Rangskik die vis op opdienborde. Plaas die salot, asyn, water en suiker in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Gooi van die asynmengsel oor die vis en sprinkel gerasperde suurlemoenskil bo-op. Geur met swartpeper en sit dadelik voor.

Alternatief
Braai die tuna en salm baie vinnig in ’n klein bietjie olyfolie in ’n pan. Volg dan die resep verder.