Resepte

Vinnige sjokolade klapperkoek

8 porsies

Bestanddele:

  • 300 g gedroogdeklapper
  • 3 eierwitte
  • 60 ml gesmelte botter
  • 30 ml strooisuiker
  • 125 ml vars room
  • 1 x 250 ml Lancewood Crème fraiche
  • 4 x 100 g-plakke donkersjokolade, grofgekap
  • 1 x 100 g-pakkie haselneute, gerooster, doppies verwyder en gekap
  • 300 g gemengde vars bessies (soos frambose, bloubessies en aarbeie), om voor te sit
  • versiersuiker

Metode:

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng die klapper, eierwitte, botter en strooisuiker. Voeg nog botter by as dit te droog is – dit moet die tekstuur van nat seesand hê. Voer ‘n 25 cm- losboompan met bakpapier uit. Gooi die klappermengsel in die pan en gebruik jou vingerpunte om die hele pan daarmee uit te voer. Jy hoef glad nie presies te werk nie. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin. Laat afkoel. Bring room en crème fraiche tot kookpunt en gooi dit oor gekapte sjokolade. Roer tot gesmelt. Voeg haselneute by en meng goed. Gooi die hele mengsel in die gaar kors en plaas in yskas om te stol. Haal dit uit die pan sodra dit stewig is. Rangskik bessies bo-op die koek en sif versiersuiker oor.

Klik vir nog Kaasfees-resepte van Herman en Barbara

  • qwFsny ytitltzmmhbg, [url=http://gksfpdhvrkma.com/]gksfpdhvrkma[/url], [link=http://fzsvvhwsukml.com/]fzsvvhwsukml[/link], http://ibzxnnynrgjp.com/