vis_een_potjie
Resepte

Vis-vindaye

Gepekelde vis
(4 porsies)

  • 250 ml sonneblomolie
  • 600 g ferm witvis, soos stokvis, in blokke gesny
  • 2 rooi-uie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 3 groen brandrissies, ontpit en fyngekap
  • 30 ml mosterdsaad
  • 30 ml borrie (sien bl. 66)
  • 100 ml witwynasyn
  • sout en swartpeper na smaak
  • 10 g vars koljanderblare, fyngekap

Verhit olie in ‘n pan en braai vis tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant. Braai rooi-ui, knoffel en rissie tot ui sag en deurskynend is. Voeg speserye by. Verwyder van hitte en voeg asyn en vis by. Geur met sout en swartpeper. sit voor met koljander.