Resepte

Viskoekies

(ongeveer 6)

  • 2 blikkies 213 g geblikte salm
  • sout en swartpeper na smaak
  • 3 gaar aartappels, fyngemaak
  • 4 spriet-uie, fyngekap
  • 25 ml gesmelte botter
  • 1 eier, geklits
  • droë broodkrummels
  • sonneblomolie

Dreineer die vis en verwyder die grate. Geur met sout en swartpeper. Kap die vis fyn in jou voedselverwerker en voeg die aartappels, sprietuie en botter by. Meng goed. Vorm koekies met jou hande. Dompel dit eers in die eier en rol dan in die krummels. Verhit die olie in ’n pan en braai weerskante tot mooi bruin.