Resepte

Vla-tertjies met saffraan

  • 250 g – 300 g skilferkorsdeeg
  • 250 ml room
  • so 5 takkies saffraan
  • 4 eiergele
  • 50 g strooisuiker
  • 7 ml mielieblom

Rol die deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak en prik met ’n vurk. Smeer of spuit ’n muffinpannetjie (genoeg vir 8). Sny die deeg met ’n koekiedrukker, groot genoeg dat die deeg ’n bietjie bo die kante van die pannetjie uitsteek. Sit nou waspapier in elke pannetjie en vul met boontjies (dit dien as gewiggie). Laat vir ’n halfuur in die yskas rus. Voorverhit die oond tot 200 °C en bak die deeg vir 10 tot 15 minute. Laat afkoel. Sit die room en saffraantakkies in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Verwyder van die plaat en laat vir omtrent 10 minute staan. Die saffraan sal nou die room geur en kleur. Klits die eiergele, strooisuiker en mielieblom saam. Voeg die room met die saffraan in by en klits weer goed. Gooi die mengsel terug in die kastrol en hou aan met roer oor lae hitte tot die vla verdik. Gooi die mengsel in ’n skoon bak en klits goed. Gooi die vla-mengsel in die tertbakkies en bak verder teen 180 °C vir 10 tot 12 minute tot gestol. Jy kan die tertjies ook ’n bietjie rooster onder die roosterelement of met ’n brander bo-op.