skm1005brood_6_
Resepte

Volkoring-roerbrood

Makliker kry jy nie!

2 klein brode

• 500 ml water
• 10 g sout
• 100 ml heuning
• 15 ml kaneel
• 2 eiers
• 20 ml bakpoeier
• 375 g (670 ml) bruinbroodmeel
• 375 g (625 ml) volkoringmeel
• 75 g (625 ml) semels (digestive bran)
• 80 g (250 ml) hawermout

Verhit oond tot 180 °C. Meng water, sout, heuning, rosyne, kaneel en eiers in ’n middelslag-mengbak. Voeg bakpoeier, bruinbroodmeel, volkoringmeel, semels en hawermout by. Meng tot stywe beslag vorm (voeg ekstra bruinbroodmeel by indien nodig). Spuit twee standaard-broodpanne van 21 x 11 cm met kleefwerende kossproei. Verdeel deeg tussen panne. Plaas in warm oond en bak 30 – 35 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit op draadrak en laat afkoel. Sit voor met plaasbotter en konfyt.