Resepte

Vye gevul met mascarpone en gebak in ‘n sabayon

2 porsies

Bestanddele:

  • 8 ryp vye
  • 1 x 250 g Lancewood Mascarpone
  • 2 eiergele
  • 140g strooisuiker
  • 80 ml soetwyn
  • hand vol gevlokte amandels
  • 30 ml heuning

Metode:

Verhit jou oond tot 220 ˚C. Sny ‘n kruis bo in die vye. Druk onder elke vye met jou vingerpunte sodat die vye oop gaan. Skep lepels vol mascarpone op elke vy en plaas in ‘n oondvaste bord. Plaas ‘n glasbak bo-op ‘n pot met kookwater. Die bak moet nie aan die water raak nie. Sorg dat die water stadig prut. Voeg eiergele, suiker en wyn in die bak. Klits met ‘n draadklitser tot lig en skuimerig, sowat 10 minute. Gooi die hele mengsel bo-oor die vye. Gooi heuning en neuter bo-oor. Plaas in warm oond en bak sowat 5 minute. Gebruik ‘n blaasvlam en verbtuin die bo-kant van die mengsel vinning. Sit warm voor.

Wenk as jy nie ‘n blaasvlam het nie, kan jy dit ook verbruin onder die rooster van jou oond.

*Nog SA Kaasfees 2010-resepte van Herman en Barbara

  • Esme Theron

    Dit klink alles baie lekker en uitdagend om te maak . Gaan sommer nou wegval . Baie dankie aan almal vir die resepte ! Ek wens ek kon klasse neem in al die lekker resepte .Maar ek gaan probeer ! hou duim vas ! Seeninge,!!!!