Resepte

Warm caprese slaai

2 porsies

  • 100 ml balsemasyn
  • 30 ml bruinsuiker
  • 2 heel ster-anys-peule
  • 2 Italiaanse tamaties
  • 4 repies parmaham
  • 15 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 150 g sagte mozzarellakaas (buffalo mozzarella)
  • hand vol basiliekruidblare

Verhit oond tot 180 ˚C. Kook asyn, suiker en steranys-peule oor lae hitte vir 15 minute of totdat helfte van vloeistof weggekook is. Sny onderkante van tamaties af sodat hulle regop kan
staan. Draai elke tamatie toe in twee repies parmaham. Plaas op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Geur met sout en swartpeper. Bak vir 20 minute of totdat parmaham goudbruin is.
Breek mozzarella in stukke, skeur basiliekruidblare daaroor en sit die warm tamaties bo-op. Gooi asynsous oor en sit voor.

Wenk
Jy kan enige soort tamatie gebruik. Rooster hulle langer of korter na gelang van grootte. Hulle is reg sodra die skil oopbars.