Warm tuna-kaas-broodjie
Resepte

Warm tuna-kaas-broodjie

(4 porsies)

  • 4 blikkies (170 g elk) tuna, gedreineer
  • 500 g cheddar-kaas, gerasper
  • 200 ml romerige mayonnaise
  • 20 ml suurlemoensap
  • hand vol vars basiliekruid-blare, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • Tabasco-sous na smaak (opsioneel)
  • 4 volkoring-rolletjies, in lengte gehalveer

Verhit roosterelement van oond. Plaas tuna in ‘n bak en vlok met ‘n vurk. Voeg kaas, mayonnaise, suurlemoensap en basiliekruid by. Meng goed en geur met sout en swartpeper. Vir ‘n bietjie byt kan jy Tabasco-sous byvoeg. Skep vulsel bo-op rolletjies en plaas in warm oond. Rooster totdat kaas lekker gesmelt is en sit voor met slaai van jou keuse.

  • Rica Kriel

    het verskriklik baie gehelp op die dae wat ek nie geweet wat om op die tafel te sit nie, baie dankie vir die resepte en al die vereskillende maniere om een bestandeel te kan gebruik. mooi dag verder en weereens baie dankie.