skm1005.steak.intro
Resepte

Só maak jy die perfekte steak

Hoe maak ek vleis ryp?
Die rypmaakproses is ‘n natuurlike manier om steak sag en geuriger te maak. Jy kan jou slagter vra vir vleis wat rypgemaak is, of dit self rypmaak: Plaas vleis op ‘n bord met ‘n skoon vadoek bo-oor. Los 2 – 3 dae in jou yskas.

Marineer? Nee, wat. Ek dink die lewe is heeltemal te kort om vleis ure te laat marineer. Met steak is eenvoud dikwels die beste kok en as jy goeie gehalte koop, is marinade nie nodig nie.

Maak só: Plaas steak in ‘n plat bak en gooi genoeg olyfolie oor om dit met ‘n lagie te bedek. Druk 1 of 2 suurlemoene se sap daaroor uit en geur dan goed met
sout en varsgemaalde swartpeper.

Hoe gaar is jou vleis? Doen dié maklike toets.

FILET

Dié sagte, beenlose snit loop onder die rugstring verby. Dis baie mense
se gunsteling, maar is ongelukkig nie die
steak met die meeste smaak nie.
Maak seker jy sny altyd die sening langs die filet af – dit kan die vleis baie taai maak.
Perfek vir panbraai en oondrooster.

SIRLOIN

Die dik laag vet wat
die vleis bedek, is kenmerkend van dié beenlose snit uit die heup. Vinnige gaarmaakmetodes
is veral geskik, soos panbraai.

RUMP

Dié snit uit die agterkwart kan
soms effens taai
wees as dit nie verouder is nie.
Dit is ‘n groot snit wat ideaal is vir
droë gaarmaakmetodes, soos panbraai of
oor die kole rooster.

RIB-STEAK

Die gewildste steak en ook my gunsteling.
Dis baie sag, word gekenmerk deur deurgewaste (marbling) vet en
het die meeste smaak. Perfek vir vinnige gaarmaakmetodes en ideaal vir braai.

 T-BEENSKYF

Die meester van alle
steaks – en gewoonlik die duurste. Dis ‘n
kombinasie van sirloin en rib-steak met
die kenmerkende T-been tussenin. Geskik vir panbraai of oor die kole rooster.

 F  
  • gert gerber

    Gebruik sojasous en olyfolie gemeng in plek van suurlemoen.

  • Charmain

    Die is die 1ste deel.