Resepte

Waterblommetjie-sop

(4 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 blikke waterblommetjies
  • 250 ml groente-aftreksel
  • 250 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 suurlemoen, in kwarte gesny

Verhit olyfolie in ’n kastrol. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg waterblommetjies en aftreksel by en bring tot kookpunt. Haal af van plaat en verwerk waterblommetjies
tot ’n puree. Gooi melk by en geur met sout en swartpeper. Verhit weer tot net by kookpunt. Braai suurlemoenskywe in ’n warm pan en sit op die tafel saam met die sop.

Sit voor saam met
Tuisgebakte brood. Klik op Kos & Wyn, SARIE Kos, resepte en dan Gebak vir resepte.