K6E2743-570x740
Resepte

WEN ‘n avokado-olie-geskenkpak + kry 4 gratis resepte

Die heilsaamheid én veelsydigheid van avokadopeer, maak dit die ideale bestanddeel vir van jou gunsteling-resepte. Westfalia is een van die wêreld se grootste kwekers en uitvoerders van avokadopere. Hier’s 4 gunsteling-resepte met avokado en avokado-olie:

Gebreekte aartappels met avokado-olie en bronkors

deur Barbara Joubert

  • 700 g baba-aartappels
  • ongeveer 200 ml Westfalia avokado-olie
  • 2 hande vol bronkors (watercress), grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die aartappels in hul skil tot sag. Gooi die water af. Breek die aartappels in stukke met ’n vurk, sommer in dieselfde kastrol. Voeg die olyfolie by en meng. Geur met sout en swartpeper. Roer die gekapte bronkors deur en dien op.

Spanspekslaai met salm, avokado en fetakaas

K6E2743-570x740

Genoeg vir 4

• 1 spanspek, afgeskil, pitte verwyder en in blokkies gesny
1 Westfalia advokado, in repe gesny
• 250 g gerookte salm/forel, in repe geskeur
• ½ komkommer, met groenteskiller in repe gesny
• 200 g fetakaas
• tropiese-vrugte-en-blommeslaaisprinkel (opsioneel) (sien bl. 62)

Rangskik spanspek, avokado, salm/forel en komkommer op ’n opdienbord. Krummel fetakaas oor en versier met slaaisprinkel.

Quiche Lorraine

Een van die bekendste soutterte op die quiche-spyskaart. Altyd ’n wenner!

Poppie-51-570x740
Resep deur Tannie Poppie
genoeg vir 1 tert

• 1 x basiese korsresep
5 ml Westfalia avokado-olie
• 6 repe strepiespek, gekap
• 2,5 ml neutmuskaat
• 120 g verouderde cheddarkaas, gerasper
• 3 eiers, liggies geklits
• 125 ml room
• 125 ml melk
• 10 ml gemengde kruie (sien bl. 111)

Maak kors aan volgens resep en voer ’n reghoekige losboom-tertpan van 25 x 13 cm daarmee uit. Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in braaipan en braai spek tot bros oor medium-hitte. Dreineer op papierhanddoek. Sprinkel neut oor voorbereide tertkors en skep spek bo-op. Strooi kaas bo-oor. Meng eiers, room, melk en gemengde kruie in mengbak. Giet in tertkors. Bak 30 min tot gestol en mooi bruin. Sit koud of warm voor.

Oop broodjie met spek, avokado en kammossels

FromyourFreezer-4-570x746

Wie kan nou nee sê vir ’n lekker broodjie? Die geheim hier is die
avokado-smeer. Sit die broodjie voor as ligte middagete of as voorgereg.
genoeg vir 6

  • 2 Westfalia-avokado’s
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 brandrissie
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml Westfalia avokado-olie
  • 6 snye ciabatta
  • 250 g-pakkie rugspek
  • 30 kammossels, doppe verwyder
  • 45 ml botter
  • 6 radyse, in kwarte gesny

Plaas avokado, knoffel, ui, rissie, sap en skil van suurlemoene in
voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot gladde mengsel. Geur goed
met sout en peper. Hou eenkant. Verhit olyfolie tot warm in groot
braaipan. Plaas snye brood in warm pan en braai weerskante tot goudbruin
en bros, sowat 3 minute per kant. Hou eenkant. Verhit pan weer tot warm
en droogbraai spek aan albei kante tot goudbruin en bros. Hou eenkant.
Plaas botter in warm pan en braai kammossels sowat 2 – 3 minute per
kant tot goudbruin en gaar. Verdeel avokado-mengsel tussen broodjies,
gevolg deur brosgebraaide spek. Pak gaar mossels en radyse bo-op. Sit
warm voor.

KLIK BY Westfalia vir nog avokado-inspirasie

*Die wedstryd is nou gesluit

WEN 'n avokado-olie-geskenkpak ter waarde van R450 - week 5