Resepte

‘Whitebait’-vissies met tamatiesalsa

Morrallas

  • 225 g ‘Whitebait’ – ontdooi
  • 30 ml meel (voeg ’n klein bietjie sout by)
  • 60 ml olyfolie
  • 60 ml sonneblomolie

Tamatiesalsa
Gebruik die salsa ook saam met die aartappels.

  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 huisies knoffel, fyngedruk
  • 4 baie ryp tamaties, gekap
  • 1 klein rooi brandrissie, verwyder die saad en kap fyn
  • 30 ml olyfolie
  • 60 ml soet sjerrie
  • 6 blare vars basiliekruid, fyngekap
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • 125 ml fyn broodkrummels
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Om die salsa te maak
Sit die ui, knoffel, tamaties, brandrissie en olyfolie in ’n kastrol. Maak toe met ’n deksel en laat stadig kook vir 10 minute. Voeg die sjerrie by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Voeg die pietersielie en basiliekruid by en dan die broodkrummels. Meng goed.

Vir die “Whitebait”
Was die vissies deeglik en dreineer. Strooi die meel oor. Gooi albei olies in ’n braaipan en braai die vissies tot bros, maar nie almal op een slag nie. Dreineer op kombuispapier en sit voor met die salsa.