skm1005ete.v.2.sop
Resepte

Witboon-en-chorizosop met bruschetta

(2 porsies)

  • 30ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 ui, gekap
  • 2 blikke (410g elk) borlotti-bone
  • 250ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 15ml botter
  • 3 chorizo-worse, in ringe gesny
  • 1 klein Franse baguette, in dun snye gesny
  • ekstra olyfolie
  • 1 heel knoffelbol, gehalveer

Verhit olie in ‘n mediumgrootte kastrol. Braai knoffel en ui totdat dit begin verkleur – sowat 5 minute. Dreineer bone en was onder lopende water. Voeg by uie en braai vir sowat 5 minute. Voeg room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 5 minute. Pols tot glad in ‘n voedselverwerker. Gooi deur ‘n sif om van die boonskille ontslae te raak. Geur met sout en swartpeper. Smelt botter in ‘n skoon pan en braai chorizo vir 5 minute tot bruin. Terwyl wors braai, maak ‘n riffelpan baie warm – die rook moet daaruit trek. Verf olyfolie met ‘n kombuiskwas op baguette-snye. Braai in warm pan tot goudbruin en bros – sowat 3 minute per kant. Vryf brood met ‘n halwe knoffelbol terwyl dit warm is. Sit warm sop saam met die chorizo en bruschetta (die gebraaide broodsnye) voor. Maak eers die sop en dan die bruschetta. Maak die sop warm en braai die wors net voor jy opskep.