sr1004kossjokolade_6_
Resepte

Witsjokolade-en-kardomom-biscotti

(sowat 24)

  • 430 g (760 ml) meel
  • 15 ml bakpoeier
  • 200 g witsjokolade, grofgekap
  • 300 g (375 ml) suiker
  • 4 kardemom-peule, saadjies verwyder
  • 4 eiers
  • 45 ml botter, gesmelt

Verhit oond tot 160 °C. Meng al die droë bestanddele saam. Klits eiers en botter saam in ‘n aparte mengbak. Gooi by droë bestanddele en meng tot ‘n stywe deeg. Deel deeg in 2 balle. Gebruik jou vingerpunte en druk die deeg in die vorm van ‘n plat brood, byna soos ‘n ciabatta. Plaas op ‘n bakplaat uitgevoer met bakpapier. Bak vir 45 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel vir 5 minute. Gebruik ‘n skerp mes en sny die biscotti in 5 mm-skyfies. Plaas op ‘n bakplaat en droog uit in die warm oond vir sowat 40 – 50 minute. Sit voor saam met sterk koffie.