sr1202_hoofkos_1_
Resepte

Witsjokolade-en-lemoenbloeiselkoek

8 – 10 porsies

• 200 g botter
• 200 g (250 ml) suiker
• 4 eiers
• 200 g (260 ml) bruismeel
• 10 ml lemoenbloeiselwater
• 100 g witsjokolade, fyngekap versiersel
• 200 g witsjokolade, fyngekap
• 125 ml room

Verhit oond tot 180 °C. Room botter en suiker tot lig en romerig met ’n elektriese menger. Voeg eiers by en meng goed. Voeg bruismeel, lemoenbloeiselwater en sjokolade by. Meng goed. Gooi mengsel in ’n koekpan van 30 x 20 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit en laat afkoel.

Versiersel
Smelt sjokolade en room saam oor matige hitte tot gladde mengsel. Gooi oor koek en laat stol. Sny in blokkies en sit voor.