sr1012seekos_1_
Resepte

Witsjokolade-yskastert

(6 porsies)

  • 1 x 200 g-pakkie Marie-beskuitjies
  • 80 g botter, gesmelt
  • 5velle gelatien
  • 100 ml yswater
  • 125 ml room
  • 250gmascarpone
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 100 g witsjokolade, gesmelt
  • 260 g suiker
  • 160 ml water
  • 4eierwitte
  • 100 g donkersjokolade, gesmelt
  • 250 g vars bessies

Verwerk koekies in ‘n voedselverwerker tot fyn. Voeg botter by en meng tot die tekstuur van klam seesand. Voer ‘n tertpan van 30 x 20 cmmet die mengsel uit en laat stol in yskas.Week gelatien in yswater tot sag en gooi water weg. Bring room en mascarpone tot kookpunt en voeg sagte gelatienvelle by. Verwyder van hitte en roer tot gesmelt en gladde mengsel vorm.Voeg suurlemoensap en -skil by.Meng gesmelte witsjokolade by. Sit suiker en 160 ml water in ‘n mediumgroot pot. Roer tot gesmelt en bring tot kookpunt oor hoë hitte. Klits intussen eierwitte tot sagte punte vorm.Gooi warm suikerstroop stadig by terwyl jy klits en hou aan klits tot mengsel koud is. Vou eiermengsel by roommengsel en gooi in tertkors. Gooi gesmelte donkersjokolade in dun straaltjie oor.Gebruik ‘n mes en trek growwe patrone daardeur. Plaas in yskas om te stol. Sit voor saam met vars bessies.

  • hllmmqlpvm

    zoDLz3 otefrrhtbvfk, [url=http://truwgdbqyutb.com/]truwgdbqyutb[/url], [link=http://jnqqfeszvith.com/]jnqqfeszvith[/link], http://nugzjwrsujza.com/