Worsrolletjies
Resepte

Worsrolletjies

(6 worsrolletjies)

  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • 3 velle Enterprise-ham
  • 30 ml korrelmosterd
  • 1 pakkie (375 g) Enterprise Cheese Grillers
  • 1 eier, geklits

Verhit jou oond tot 200 ˚C. Verdeel die deeg in ses blokke. Smeer elke vel ham met mosterd en sny in die helfte. Rol 6 worsies op in die gesmeerde ham (mosterd na binne) en sit elke worsie in die middel van ’n blok blaardeeg. Verf die een rand van die deeg met geklitste eier en rol die worsie toe in die deeg, in die rigting van die gesmeerde kant. Druk die deeg effens vas om te verseël. Plaas die rolletjies op ’n gesmeerde bakplaat. Sny ’n paar kepe aan die bokant in die deeg – moenie dwarsdeur die deeg sny nie. Smeer elke worsrolletjie met die geklitste eier en bak vir 30 – 35 minute tot goudbruin.