Resepte

Wortel-en-patatkluitjies

(18 kluitjies)

  • 500 g wortels, geskil en in skywe gesny
  • 500 g patats, in blokkies gesny
  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • hand vol gekapte vars pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g (110 ml) botter
  • hand vol vars salieblare

Kook wortels en patats in aparte kastrolle tot sag. Dreineer en laat effens afkoel. Maak fyn en meng goed met mekaar. Voeg meel en pietersielie by en geur met sout en swartpeper. Meng
goed tot ‘n klam deeg. Verdeel deeg in 18 kluitjies en plaas op ‘n uitgevoerde, meelbestrooide bakplaat. Hou eenkant. Bring water tot kookpunt in ‘n kastrol. Plaas ‘n paar kluitjies vir sowat
5 – 10 minute daarin. As hulle bo dryf, is hulle gaar. Skep uit en hou eenkant warm. Herhaal met almal. Verhit botter in ‘n pan en voeg salieblare by. Braai vir 3 minute. Plaas kluitjies in saliebotter en sit warm voor. Sit voor saam met ‘n Bredie. Jy kan die rou kluitjies so 10 minute voor jy dit voorsit in die bredie skep. Sit dan weer die deksel op. Só kook die kluitjies gaar in die sous van die bredie.