Resepte

Wortel-en-pekan-neut-muffins

6 groot muffins

  • 300 g (535 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 ml fyn kaneel
  • 5 ml fyn neut
  • 1 ml sout
  • 350 g (440 ml) suiker
  • 375 ml sonneblomolie
  • 60 ml kookwater
  • 4 eiers, geskei
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 200 g gerasperde wortels
  • 100 g pekanneute, grofgekap

Verhit oond tot 180 °C. Voer muffinpanne uit met bakpapier. Spuit of smeer die bakpapier. Sif meel, bakpoeier, kaneel, neut en sout saam. Klits suiker en olie goed saam en voeg kookwater by. Klits eiergele by oliemengsel. Voeg oliemengsel by gesifte meelmengsel en meng goed. Voeg vanieljegeursel, wortels en neute by en meng. Klits eierwitte styf en vou versigtig in. Verdeel tussen muffinpanne en bak vir 45 – 50 minute. Toets met dun pennetjie of dit gaar is.