sk1003teeparty03
Resepte

Wortelkoek

(1 koek van 23 cm)

  • 150 g (270 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 ml fyn kaneel
  • 5 ml fyn neutmuskaat
  • 1 ml sout
  • 150 g (250 ml)volkoringmeel
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 375 ml sonneblomolie
  • 60 ml kookwater
  • 4 eiers, geskei
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 200 g wortel, gerasper
  • 100 g pekanneute,grofgekap

Verhit oond tot 180 °C. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel, neutmuskaat en sout saam. Voeg volkoringmeel by. Klits suiker en olie goed saam en voeg kookwater by. Klits eiergele by. Roer mengsel by droë bestanddele in. Vou geursel, wortels en neute by. Klop eierwitte styf en vou versigtig in. Skep in twee gesmeerde koekpanne van 23 cm. Bak vir 45 – 50 minute. Toets met ‘n dun pennetjie om seker te maak dis gaar. Versier met roomkaasversiersel en vars lourierblare (as jy wil).

Roomkaas-versiersel

  • 500 g (960 ml) versiersuiker, gesif
  • 60 ml sagte botter
  • 250 g roomkaas

Meng versiersuiker en botter met ‘n elektriese menger. Dit sal soos broodkrummels lyk. Voeg roomkaas by en meng goed. Hou in yskas tot benodig

  • tlkgthg

    L7ot1E iefsrxljyvfu, [url=http://nvuquuvdbzwj.com/]nvuquuvdbzwj[/url], [link=http://tgixvsrthjcx.com/]tgixvsrthjcx[/link], http://cszdjuxqypcv.com/