5 Minuut-sjokoladekoek
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(1 - 2 porsie)
- 60 ml bruismeel
- 60 ml suiker
- 30 ml kakao
- knippie sout 1 eier
- 45 ml melk
- 45 ml sonneblomolie
Smeer of spuit 'n koffiebeker (volume 400 ml) goed. Gooi meel, suiker, kakoa en sout daarin. Meng goed met vurk. Voeg eier by, meng goed. Voeg melk en olie by, meng goed. Sit beker vir 3 minute in mikrogolfoond op 100% krag. Die koek sal redelik rys - dis reg so. Laat staan 'n paar minute voordat jy dit uitkeer. Sit voor met geklopte room en vars rooiaalbessies (red currants).
Ook lekker warm saam met roomys.
Verwante artikels
-
Hot cross bun-framboos-en-witsjokolade-broodpoeding
SARIE Maart 2010
Dis seker die lekkerste broodpoeding wat bestaan! Jy het die vreugde van al die spesery in die bolletjies, en die luuksheid van die sjokolade is net hemels.
-
O, koek! 'n Realiteitsprogram in 'n bakkery?
SARIE Julie 2010
Ja, dis waar! Discovery Channel (DStv-kanaal 121) se realiteitsprogram Cake Boss is op 12 Julie om 17h30 vir die eerste keer in SA te sien, maar dis reeds 'n internasionale fenomeen.
-
Pannekoek met vanielje-Pere en sjokolade-sous
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
As jy nie verjus het nie, gebruik 'n sauvignon blanc. Verjus is eintlik net wyn sonder alkohol, van groen druiwe gemaak.
-
Pynappel-wortelkoek
SARIE Augustus 2010
-
Rooswater-koeksisters
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 3
Ek gee my ouma se resep nuwe lewe met rooswater in die stroop. Blomgeure is immers nou gróót.
-
Sjokoladekoek
SARIE - Januarie 2011
-
Witsjokoladekoek met kersies
SARIE - Maart 2011
Jy kan die koek in 'n hartvormige pan bak.
-
Witwortel-en-witsjokoladekoek
SARIE Augustus 2010
Hierdie kombinasie het ek die eerste keer in Gordon Ramsay se restaurant Maze in Londen geproe. Dit het dié koek geïnspireer.
















Kommentaar