Aarbeikonfyt-vensterkoekies
Foto’s: Donna Lewis Galery
Een van my gunsteling-koekies is Jolly Jammers. Dis maklik om te maak en proe nes dié wat ek as kind geëet het.
(sowat 20 koekies)
- 400 g botter
- 200 g (385 ml) versiersuiker
- 10 ml vanieljegeursel
- 4 eiergele
- 500 g (890 ml) koekmeel
- knippie sout
- 1 x 400 g-blik sagte aarbeikonfyt
Verhit oond tot 180 °C. Roombotter, versiersuiker en vanieljegeursel met 'n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg eiergele by en meng goed. Voeg meel en sout by.Meng tot 'n sagte koekiedeeg vorm.Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkoppervlak. Rol koue deeg uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik ronde koekiedrukker met 'n deursnee van sowat 5 cm en druk 40 koekies uit. Gebruik 'n kleiner drukker en druk gaatjies in 20 van die koekies. Skep 10 ml konfyt op elke koekie sonder 'n gaatjie. Sit die koekies met die gaatjies bo-op die konfytkoekies om 'n venster te vorm.Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Sit koekies op bakplaat. Bak vir 12 - 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Heuning-koekies
SARIE - Mei 2008
Bak dit as Moedersdaggeskenk
-
Kersfees-glaskoekies
SARIE KOS Somer 2009/10
Hulle lyk vreeslik mooi as Kersboom-versierings.
-
Sjokolade-koekies
SARIE KOS Winter 2009
Die beste sjokolade-koekies! Saam met warmsjokolade sal dit jou in ’n oogwink van die koue laat vergeet
-
Sjokoladesplinter-koekies
SARIE KOS - Somer 2008
Ons almal ken hierdie een as ’n chocolate chip cookie
-
S’mores – malvalekker-en-sjokolade-koekies
SARIE KOS Lente 2009
Kinders is mal oor dié koekies - ook lekker vir markdag.
-
Volkoring-en-hawermout-koekies
SARIE KOS Herfs 2009
Hulle hou goed in ’n lugdigte houer. Dis baie lekker met botter en sterk cheddarkaas.
















Kommentaar
Rensche het gesê:
So dankbaar , ek bak die koekies maar was nie seker hoe en wat om te doen, het oral op fb raad gevra, maar niemand het terug gekom nie, so maw soms is dit goed om te search.
2de Des. 2010, 13:15