Afrika-beesvleis-kerrie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ek hou veral baie van dié kerrie. Gebruik sommer geblikte tamaties en kekerertjies (chick peas)
6 – 8 porsies
- 50 ml sonneblomolie
- 1,6 kg steak (rump), in groot skywe gesny
- 2 uie, fyngekap
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 20 ml masala
- 20 ml borrie
- 5 ml fyn gemmer
- 5 ml fyn kaneel
- 10 ml fyn komyn
- 10 ml fyn koljander
- 5 ml brandrissie-vlokkies
- sade van 4 kardemom-peule
- sap van ’n halwe suurlemoen
- 1 blik gekapte tamaties
- 1 blik klappermelk
- 1 blik lensies, gedreineer
- 2 blikke kekerertjies (chick peas), gedreineer
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180°C. Verhit sonneblomolie in ’n groot, oondvaste kastrol en braai vleis tot bruin. Voeg uie, knoffel en droë speserye by en braai alles saam vir 2 minute. Roer suurlemoensap, tamaties, klappermelk, lensies en kekerertjies by. Geur met sout en swartpeper. Maak toe met deksel en sit in die oond vir sowat 2 ½ uur tot vleis sag is. Hou dop: Indien nodig, kan jy nog water byvoeg. Sit voor saam met atjar, tamatie-en-ui-salsa, gebraaide piesangs, roti’s, gekapte komkommer en basmati-rys.
Om te drink
’n Rooi versnit, soos Le Bonheur Prima, ’n staatmaker-versnit van merlot en cabernet sauvignon.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Beesvleis-rougaille
SARIE KOS Herfs 2010
Rougaille is 'n geurige tamatie-sous met gemmer, baie gewild in Mauritius.
-
Thai-groenkerrie met hoender
SARIE KOS vir mans 2010
30 minute
-
Volstruisfilette met rooibos-en-framboos-sous
SARIE KOS Herfs 2010
Die kombinasie van smake is werklik heerlik.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd