Alain se preietert
Foto’s: Lien Botha Galery
Hierdie variasie op die uietert is een van die veelsydigste maniere om preie in die somer te gebruik,want dit kan warm of lou of selfs ure later koudsaammet 'n groenslaai geëet word.
(6 - 8 porsies)
- 2 - 3 groot preie, in skywe gesny
- 750 ml hoenderaftreksel
- 250 g broskorsdeeg, gekoop of tuisgemaak
- 3 eiers
- 3 e melk
- 5 e meel
- gerasperde vars neutmuskaat
- 60 g botter
- 2 e crème fraîche
- 250 g gerasperde gruyèrekaas (of 'n plaaslike kaas soos cheddar)
- sout en peper
Kook preie vir 10 minute in die hoenderaftreksel. Haal kastrol van hitte af. Skep 'n halwe koppie van die warm vloeistof uit en hou eenkant voordat jy die preie dreineer. Rol deeg uit, voer 'n gebotterde tertpan van 25 cm daarmee uit, en prik bodem 'n paar keer met 'n vurk. Bak vir 10 minute in 'n voorverhitte oond teen 180 °C. Haal uit, maar hou die oond warm. Intussen meng jy die eiers, melk en meel in 'n bak saam met 3 eetlepels van die hoenderaftreksel en rasper 'n bietjie neutmuskaat by. Smelt helfte van die botter in dieselfde kastrol waarin die preie gekook is. Voeg gedreineerde preie by en "laat sweet" oor lae hitte tot vloeistof heeltemal verdamp het. Voeg res van die botter en eiermengsel by preie en roer aanhoudend vir 7 - 8 minute tot dit verdik. Haal van hitte af. Voeg room en helfte van die kaas by, asook sout en peper na smaak. Skep preivulsel in die gebakte tertkors en strooi res van kaas oor. Bak vir 10 minute, steeds teen 180 °C, tot kors bros en goudbruin word.
Verwante artikels
-
Amandeltert
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Die Franse noem dit "frangipane". Hier is my weergawe daarvan.
-
Botterskorsie-en-sampioen tert
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dis perfek om in te pak werk toe vir môre semiddagete.
-
Franse appeltert
SARIE Julie 2010
Daar is nou genoeg appels in die winkels vir die lekkerny. Ek wys jou stap vir stap hoe jy dit maak - van die deeg tot die vulsel.
-
Peperforel-quiche
SARIE KOS - Lente 2008
-
Sampioen-bokmelkkaas-en-spektertjies
SARIE - Januarie 2011
30 minute
-
Tert met tamatie,ricotta en olywe
SARIE KOS Lente 2010
Dis heerlik vir 'n ligte middagete met 'n groenslaai. Ek het die tert in 'n emaljebord gebak.
-
Wilde sampioen-quiche
SARIE KOS Lente 2009
















Kommentaar