Alles-in-een-broodjie
Foto’s: Donna Lewis Galery
Dis ’n maklike en vinnige ontbyt. Alles word in die oond gaar en jy het min skottelgoed, min moeite . . .
(4 porsies)
• 6 broodrolletjies van jou keuse
• 45 ml botter
• 250 g spek
• 250 g roomkaas
• 6 eiers
• sout en varsgemaalde swartpeper
• slaaiblare van jou keuse
Verhit oond tot 180 ˚C. Sny bokant van rolletjies oop en maak klein holte in broodjie deur ’n bietjie van die brood uit te skep met ’n lepel (jy kan dit vries vir broodkrummels). Smeer broodjies met botter aan die binnekant en plaas op oondpan wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Verdeel spek tussen broodjies gevolg deur ’n eetlepel roomkaas. Breek ’n eier in elke broodjie en geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en bak vir 15 – 20 minute of tot eiers gestol is. Sit warm voor met slaaiblare van jou keuse.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Basiese witbrood-deeg
SARIE KOS Junie/Julie 2011
-
Basil gruyère and herb omelet
SARIE KOS Somer 2009/10
Spoil yourself at lunchtime.
-
Croque-madame-broodjies
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Frittata met murgpampoentjie en ricotta-kaas
SARIE KOS Herfs 2010
Dis 'n lekker maklike resep - jy bak dit in die oond.
-
Gebraaide ham-en-mozzarella-broodjies
Dié broodjies word in die pan gebraai.
-
Gerookte hoender en camembert broodjie
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Gesondheidsbroodjie
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Klein frittatas met gerookte forel
SARIE KOS Herfs 2010
Ideaal wanneer jy mense op drankies trakteer.
-
Oondbroodjies met mozzarella, tamatie en spek
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Ricotta and bacon frittata
SARIE KOS Lente 2010
-
Spekbroodjies met sagte eier
Die Engelse praat van soldiers; die idee is om jou krakerige broodjie met spek in sagte eier te doop.
















Kommentaar